Friday, October 5, 2007

Sales People

Toe ek op skool was, het ons 'n gedig van 'n verkoopsman gedoen.
Ek kannie onthou wat die gedig se naam was nie, maar ek onthou
dat dit die eerste keer was dat ek besef het, dat verkoopsmense
van 'n ander planeet is. Hierdie is mense wat 'n diens verkoop wat
sommige mense in skuld laat beland en ander mense laat kners op
hul tande oor die blatante leuens. Ek val iewers tussen in. Somtyds
is ek impulsief en koop, ander kere wonder ek hoe op dees aarde
hierdie persoon met homself saamleef?

Siende dat ek nou in London is, het ek besluit om sover moontlik
van afrikaanse diens gebruik te maak. En wat 'n gemors! Hier sit
ek, nog steeds rooi van aggressie. Blykbaar het my landsgenote se
verkopers besluit dat dit die belegging van 'n leeftyd is om hul eie
nasie te verneuk en slegte diens te lewer waar moontlik. Ek kan dit
eenvoudig nie glo nie. Maar nou ja. Soos ek heel aan die begin gese
het, verkopers kom van 'n ander planeet. Ek wens net ek kon onthou
wat daai gedig se naam is, want die duiwel weet,
dit was 'n raak beskrywing!

No comments: