Thursday, October 4, 2007

Huwelik Herdenkinge

Dit is my ouers se 27ste Huweliks Herdenking vandag. En hoewel dit nie noodwendig 'n groot gebeurtenis in ons gesin is nie, het ek besluit dat dit dalk een moet word. Die hele wereld gaan mal as 'n Hollywood paartjie trou, maar min van hulle haal die een jaar merk en nog minder die tien jaar merk. En my ouers staan op 27! Ek dink dit is iets om voor dankbaar te wees. Hoewel dit in baie opsigte 'n 'celebration of the differences' is, is dit steeds iets om op trots te wees. So, van my aan my ouers: Geluk. Aan al vandag se jong paartjies wat na Hollywood kyk, dink weer. Kyk bietjie na die geslag voor julle en leer 'n les. Aan die van julle wat oppad is om te trou of nou net getroud is, sterkte!

1 comment:

Anonymous said...

Baie geluk aan jou ouers.Gelukkig dat hulle mekaar ontmoet het want nou is jy hier. Geniet jou dag en moenie vergeet om vir ou ouers geluk te se nie. Hulle verdien dit as hulle so lank met mekaar kon uithou.