By die huis is reen spesiaal en almal is opgewonde as dit reen. (Ek verwys spesifiek na die Namibiese platteland.) Hier (in Engeland) is dit asof almal in 'n gat val die oomblik as dit begin reen. Ek moet erken, die gebeurtenis maak my nou ook nie juis opgewonde nie, maar dit bly reen! Reen maak skoon, dit verkoel en dit laat groei! Dit maak nie saak of dit elke liewe dag reen nie en of dit vir 5sekondes eenkeer in 'n jaar reen nie, die eienskappe van reen bly dieselfde. Plante en diere verander positief om by die reen aan te pas. Ons as mens word of opgewonde of diep depressief. Wat het van ons sintuie, ons waagmoed geword? Wat van net vir 'n slag gaan stil staan en die vars lug inasem. Die nuwe reuke probeer onderskei van die ou vuil reuke... Die koue druppels op jou vel voel en jou uitskud soos 'n hond na 'n draf in die reen... Wat het van ons menswees geword?
1 comment:
Vra my broer wat uit die Vrystaat kom wat die kleur van reen is en sy antwoord is: GROEN.Glad nie 'n depressing kleur nie.Dis net hier in die UK dat dit grys bly as dit reen en die son kry nie 'n kans om die groen te wys nie.
Post a Comment