So vanoggend is ek vir 'n slag betyds uit die huis. Eintlik 'n paar minute vroeg. En raai wat? Ek kom net-net betyds by die werk. Die simpel trein was vertraag as gevolg van een of ander tegniese fout. Die resultaat is twee treine se mense op een trein. En soos ek reeds genoem het, maniere is ongehoord in hierdie donker tonnels. Waar is die tyd toe ek 15minute voor werk in my motor gespring het, en deur die verkeer gevleg het werk toe? Waar is die adrenalien van voet in die hoek sit om 'n oranje verkeerslig te vang? Ek mis dit. Ek mis die bekende motors met wie ek elke oggend 'ge-race' het. Hier hardloop ons vir 'n trein, duik in 'n donker, vuil tonnel in en hoop om die lig oor 'n uur te sien aan die ander kant.
So gepraat van tonnels. Ek besef vanoggend op pad werk toe, dat al die plekke waar ons stop, eintlik geboue aan die buitekant het. Sommige van hulle is nogal bekend. Ek dink ek gaan 'n punt maak om hierdie Engelse stad te verken - te voet. Ek is seker daarvan dat daar 'n paar roetes te voet is wat vinniger gaan wees as 'n 'tube'!
En o ja, die son het vanoggend vir 10min geskyn! Die hoogtepunt in enige afrikaner se dag!
No comments:
Post a Comment