Monday, February 8, 2010

Huldeblyk

365 dae sonder hom
Ek mis hom.
Ek mis sy stem oor die telefoon,
Sy lag as hy vertel van hul oumense se uitstappie.
Ek mis die manier hoe hy van die dorp afgekom het,
Met ‘n broeksak vol skroefies en kleingeld.
Ek mis Radio Sonder Grense vroeg oggend, klip hard,
Die stadige ompaaie wat ons moes ry om die verkeer te mis,
Maar veral mis ek Noot-vir-Noot en oupa se wilde raaie.
Ek mis die idée om my kinders eendag op oupa se skoot,
Ek mis die kerk bank Sondagoggend en sy trotse houding as hy sy plek inneem.
Die lui van ‘n telefoon op ‘n Sondagaand sal nooit weer dieselfde wees nie,
Die nuusleser om ses sal nooit weer gegroet wees nie
En die kas se deur sal maar altyd skeef hang.
Ek mis my Oupa.

1 comment:

Anonymous said...

goeie begin